AHi Weskaap jaarlikse kongress weerens ‘n sukses
Deur: Dirk Breytenbach: Uitvoerende Voorsitter | Paarl
Die AHi Drakenstein Sakekamer wens AHi Weskaap geluk met ‘n uitstekend georganiseerde jaarlikse Kongres (Toekenningsdinee en AJV terugvoer) op 17 en 18 September in Stilbaai waarby almal teenwoordig ongetwyfeld baat gevind het. Die programme was genuanseerd en verstaanbaar. Ons kon by mekaar leer en Stilbaai se aanwysing as die Sakekamer van die Jaar was welverdiend en Dr Willie Cellers se voorlegging oor die Sakekamer van die Toekoms was duidelik, almal het teruggekeer met nuwe idees en motiveringe oor hoe om van hul Sakekamers suksesvolle plaaslike organisasies te maak. Die resolusies en besluite geneem het hoofsaaklik oor die volgende gehandel:
- Informele besighede as ‘n drywer vir werkskepping en bemagtiging
- Skepping van inkubasie inisiatiewe vir nuwe besighede
- Geleentheidsgedrewe besighede om aan te pas by ‘n nuwe ekosisteme in die nuwe wêreld ekonomiese omgewing
- Belyning van onderlinge fokus op die credo van die AHi en sy Sakekamers itv Vereniging, Inligting en Advisering van sy lede om ‘n markgedrewe ekonomie te verseker vir alle rolspelers in plaaslike ekonomieë in plaas van oorlewingsgedrewe besighede wat nie blywende resultate lewer nie
- Voorgestelde mentorskap programme en vaardigheidsopleiding vir nuwe toetreders tot die Besigheids-Ekosisteem
- Hernude verbintenis tot die drastiese vermindering van burokrasie (Red Tape) in ons plaaslike regering om die gemak van sake doen in ons gemeenskappe en Suid-Afrika te help verbeter
Ons kon ook waarde put uit Mosselbaai se verbintenis tot die Gasvryheidsbedryf/Toerisme met hul vriendelike uitnodiging “dat ons gratis in hulle see kan kom swem”. Mosselbaai was ook vereer vir hul rigtinggewende gemeenskapsprojek Mossel Bay APD
Dr Willie Celliers se volgehoue en onvermoeide teenwoordigheid op Provinsiale Regeringforums asook landswye georganiseerde Indstriegroeperinge soos BWC (Business Western Cape) laat ons gerus voel dat die AHI op hoogte is van sake van gemeenskaplike belang van sy lede op alle vlakke.
Drie lede van ons eie Dagbestuur, Francis Nieuwoudt en Johan Rademeyer en Ilde Meyer het bygewoon asook een van ons lede naamlik, Anetta Barnes-Mangxaba van ons plaaslike isiXhosa koerant Dizindaba, gestel in Mbekweni, was teenwoordig. Hulle ondersteuning word ook gewaardeer.
Saam bou ons aan ‘n volhoubare omgewing vir almal in Drakenstein!


